muis

'n Muis.
'n Rekenaar muis.

Afrikaans (af)

Kategorie:Woorde in Afrikaans van lengte 4Kategorie:Retrograad van Afrikaans#sium%20siumKategorie:Woorde in Afrikaans
Enkelvoud Meervoud
  muis    muise    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  muisie     muisies  
Kategorie:Selfstandige naamwoorde in AfrikaansKategorie:Telbare selfstandige naamwoorde in Afrikaans

Uitspraak

   
(lêer)
Kategorie:Woorde met oudio in Afrikaans
IFA: [ˈmœʏ̯s], meervoud: [ˈmœʏ̯sə]

Woordafbreking

muis

Selfstandige naamwoord

    Betekenisse

  1. (soogdiere)Kategorie:Soogdiere in Afrikaans 'n Knaagdiertjie met 'n spits snuit, relatief groot oë en ore. Hulle kan 'n pes wees maar kan ook as troeteldiere of labratoriumdiere aangehou word.
  2. (rekenaarwetenskap)Kategorie:Rekenaarwetenskap in Afrikaans Invoerapparaat vir 'n rekenaar wat 'n wyser op 'n skernaarskerm laat beweeg.

    Voorbeeldsinne

  1. Die kat jaag 'n muis.
  2. Beweeg die muis tot oor die dokument en klik daarop om dit oop te maak.

    Afgeleide woorde

Muishond, muisvoël

    Spreekwoorde en gesegdes

«Die berg het 'n muis gebaar.»
Van 'n klein werkie 'n reusetaak maak.
«As die muis vol is, is die meel bitter.»
As 'n mens voldoende geëet het, is die kos skielik nie meer lekker nie.
«Die skip het met man en muis vergaan.»
Almal het verdrink.
«As die kat weg is, is die muis baas.»
Sonder goeie bestuur maak die onderskiktes nes hulle wil.
«Klein muisies het groot ore.»
'n Mens moet versigtig wees wat hulle voor kinders sê.

    Vertalings

  Vertalings:    muis
Engels: mouse(en)
Esperanto: muso(eo)
Nederlands: muis(nl)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor muis.
Kategorie:Rekenaarwetenskap in Afrikaans Kategorie:Retrograad van Afrikaans Kategorie:Selfstandige naamwoorde in Afrikaans Kategorie:Soogdiere in Afrikaans Kategorie:Telbare selfstandige naamwoorde in Afrikaans Kategorie:Woorde in Afrikaans Kategorie:Woorde in Afrikaans van lengte 4 Kategorie:Woorde met oudio in Afrikaans